Geselskapseilande

Geselskapseilande
Inheemse naam: Îles de la Société
’n Kaart van die Geselskapseilande.
’n Kaart van die Geselskapseilande.
Geografie

Ligging Stille Oseaan

Argipel Geselskapseilande, Frankryk

Hoofeilande Tahiti, Moorea, Raiatea, Bora Bora, Huahine

Hoogste punt Berg Orohena, 2 241 m
Administrasie
Sien teks.
Oorsese gebied Frans-Polinesië

Hoofstad Papeete
Grootste stad Papeete (bev. 133 627)

Demografie
Bevolking 235 295[1]

Die eiland Raiatea.

Die Geselskapseilande (Frans: Îles de la Société of Archipel de la Société; Tahitiaans: Tōtaiete mā) is ’n groep eilande in die Stille Oseaan wat polities tot Frans-Polinesië behoort. Die argipel is vermoedelik deur kaptein James Cook so genoem tydens sy eerste vaart in 1769, volgens berigte ter ere van die Royal Society, die borg van die eerste Britse wetenskaplike opname van die eilande. Cook self het egter in sy joernaal gesê hy het dit so genoem "omdat hulle so naby mekaar lê".[2]

  1. "Population". Institut de la statistique de la Polynésie française (in Frans). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 11 April 2020. Besoek op 11 Januarie 2015.
  2. Horwitz, Tony. Oktober 2003, Blue Latitudes: Boldly Going Where Captain Cook Has Gone Before, Bloomsbury, ISBN 0-7475-6455-8

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search